Verskuns vir Eerste Addisionele Taal Graad 12: Studiewerkgids (2/2)

SKU
9781776070091
R 300.00

Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe poësiebloemlesing? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, die voorgeskrewe poësiebloemlesing vir graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet.

Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die poësiebloemlesing word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan.

Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die poësiebloemlesing verwys.

Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas in een boek bymekaar.

Inhoud van hierdie studiewerkgids:

  • Inleiding tot poësie.
  • Bespreking van elke poëtiese begrip wat in die gedigte voorkom.
  • Gedigontledings volgens poëtiese begrippe en uiteensetting van die gedig.
  • Kontekstuele vrae oor elke gedig.
  • Taalverrykingsaktiwiteite by sommige gedigte.
  • Ses konsepvraestelle om leerders se kennis te toets en leerders te help om vir eksamens voor te berei.


Die studiewerkgids sluit ook Engelse vertalings van elke gedig in die poësiebloemlesing in:

  • Aucamp, Hennie – Son en Maan
  • Breytenbach, Breyten – die tweegeveg & (windroos)
  • Celliers, Jan F. E. – Dis al
  • Cloete, T.T. – Luisterswaeltjies
  • De Jager, Dawie – Rondom my
  • De Lange, Johann – Palimpses
  • Deacon, Thomas – Droogte in Namakwaland & Vlug
  • Du Plessis, Clinton V. – papegaai
  • Du Plessis, Hans – Tien haikoes vir die Vredefortkoepel
  • Eybers, Elisabeth – Huiskat & Krisis
  • Fagan, H.A. – Ek het ’n huisie by die see
  • Goosen, Jeanne – die dag op nuweland
  • Greyling, Franci – Reiniging?
  • Joubert, Marlise – boekmerk
  • Korf, Kobie – ’n Mite
  • Krige, Uys – Ken jy die see . . .
  • Krog, Antjie – pryslied & Wetenskapmannetjies
  • Laing, Suzaan – Eksamenlokaal
  • Marais, Eugène N. – Die dans van die reën
  • Nel, Philip – Die heks van Hexrivier
  • Opperman, D.J. – Ballade van die Grysland, Klara Majola & Sproeireen
  • Philander, P.J. – Haar uitvaart
  • Pretorius, Rudolph – In liefde se skadu
  • Pretorius, S.J. – Die Hanswors
  • Smith, Susan – geen respekte, hartbreek & Ouveldstorie van die Khoikhoi
  • Snyders, Peter – die boodskapper
  • Sontonga, Enoch en Langenhoven, C.J. – Volkslied van Suid-Afrika
  • Stander, Carina – dakloos & kleurblind
  • Strauss, Pieter – Die nuwe kind
  • Swart, Corlietha – Lyndans
  • Van Aswegen, Marita – By die robot in Eerstelaan
  • Van den Heever, Toon – In die Hoëveld
  • Van Heerden, Ernst – Die hardloper
  • Viljoen, Fanie – status update
  • Visser, A.G. – Die ruiter van Skimmelperdpan


Hierdie studiewerkgids sluit aan by Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, die goedgekeurde voorgeskrewe poësiebloemlesing vir graad 12 Eerste Addisionele Taal.

Outeurs: R. Vosloo, R. Lamprecht, L. Southey, A. van der Spuy
ISBN: 9781776070091
Uitgawe: 1
Verskyningsdatum: Mei 2016
Uitgewer: Best Books
Bladsye: 192
Boekband: Sagteband
Afmetings: 210 x 295 mm

 

Grade Gr 10, Gr 11, Gr 12
Language English & Afrikaans