Verskuns vir Eerste Addisionele Taal Graad 12: Leesboek (1/2)

SKU
9781431041787
R 170.00

Hierdie uitsonderlike, geïllustreerde multigraad bloemlesing wat in graad 10-12 gebruik kan word gryp dadelik die leser se verbeelding aan. Lesers ontdek en geniet die wêreld van verskuns aan die hand van rymende en ritmiese verse.

Die wye verskeidenheid kontemporêre en klassieke verse is gekies om belangstelling in en liefde vir die poësie aan te wakker. Die bloemlesing is ideaal vir poësie-onderrig. Die gedigte is gekies volgens temas wat aanklank sal vind by die belangstellingsveld van die jong leser, en sluit aan by temas wat in die kurrikulum voorgeskryf word. Die woordverklarings en registers ondersteun die leser se interaksie met die gedig, en bevorder deeglike begrip van die betekenis en boodskap daarvan.

Die bloemlesing sluit die volgende gedigte in:

  • Aucamp, Hennie – Son en Maan
  • Breytenbach, Breyten – die tweegeveg & (windroos)
  • Celliers, Jan F. E. – Dis al
  • Cloete, T.T. – Luisterswaeltjies
  • De Jager, Dawie – Rondom my
  • De Lange, Johann – Palimpses
  • Deacon, Thomas – Droogte in Namakwaland & Vlug
  • Du Plessis, Clinton V. – papegaai
  • Du Plessis, Hans – Tien haikoes vir die Vredefortkoepel
  • Eybers, Elisabeth – Huiskat & Krisis
  • Fagan, H.A. – Ek het ’n huisie by die see
  • Goosen, Jeanne – die dag op nuweland
  • Greyling, Franci – Reiniging?
  • Joubert, Marlise – boekmerk
  • Korf, Kobie – ’n Mite
  • Krige, Uys – Ken jy die see . . .
  • Krog, Antjie – pryslied & Wetenskapmannetjies
  • Laing, Suzaan – Eksamenlokaal
  • Marais, Eugène N. – Die dans van die reën
  • Nel, Philip – Die heks van Hexrivier
  • Opperman, D.J. – Ballade van die Grysland, Klara Majola & Sproeireen
  • Philander, P.J. – Haar uitvaart
  • Pretorius, Rudolph – In liefde se skadu
  • Pretorius, S.J. – Die Hanswors
  • Smith, Susan – geen respekte, hartbreek & Ouveldstorie van die Khoikhoi
  • Snyders, Peter – die boodskapper
  • Sontonga, Enoch en Langenhoven, C.J. – Volkslied van Suid-Afrika
  • Stander, Carina – dakloos & kleurblind
  • Strauss, Pieter – Die nuwe kind
  • Swart, Corlietha – Lyndans
  • Van Aswegen, Marita – By die robot in Eerstelaan
  • Van den Heever, Toon – In die Hoëveld
  • Van Heerden, Ernst – Die hardloper
  • Viljoen, Fanie – status update
  • Visser, A.G. – Die ruiter van Skimmelperdpan

Outeur: R. Vosloo
ISBN: 9781431041787
Uitgawe: 1
Verskyningsdatum: Desember 2020
Uitgewer: Macmillan South Africa
Bladsye: 154
Boekband: Sagteband
Afmetings: 185 x 245 mm
Grade Gr 10, Gr 11, Gr 12
Language Afrikaans