Lewenswetenskappe

SKU
LISA
R 250.00 Regular Price R 300.00
Available: 250
16 Jul 2025, 08:30:00
Skakel in by Impaq se virtuele winterskool! Ons span ervare vakspesialiste en Impaq Aanlyn Skool-onderwysers bied aanlyn klasse aan wat daarop fokus om graad 12-leerders te help voorberei vir die rekord- en finale NSS-eksamens. Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir sukses nie!

Sessie 1 (16 Julie): 08:30 – 10:30

Vak: Lewenswetenskappe

Tema: Vraestel 1

Besonderhede:

Buiten die dekking van die nodige inhoud, behandel ons ook waardevolle vaardighede oor hoe om eksamenvrae effektief te benader en te beantwoord. Dit is 'n uitstekende geleentheid om selfvertroue te bou en te verseker dat leerders goed voorberei is vir hul eksamens. In hierdie sessie kyk ons na al die hoofstukke van vraestel 1. Maak seker dat jy goed voorberei is deur die inhoud vooraf te leer.

Onderwerpe:

·       Voortplanting in gewerweldes

·       Menslike voortplanting

·       Reaksie op die omgewing: mense

Aanbieder: Charl Eksteen

 

 

Sessie 2 (16 Julie): 11:30 – 13:30

Vak: Lewenswetenskappe

Tema: Vraestel 1

Besonderhede:

Onderwerpe:

·       Reaksie op die omgewing: mense

·       Reaksie op die omgewing: plante

·       Endokriene stelsel

·       Homeostase in die mens

Aanbieder: Charl Eksteen

 

 

Sessie 1 (17 Julie): 08:30 – 10:30

Vak: Lewenswetenskappe

Tema: Vraestel 2

Besonderhede:

·       DNS: Die kode van lewe

·       Meiose

·       Genetika en oorerflikheid

Aanbieder: Charl Eksteen

 

 

Sessie 2 (17 Julie): 11:30 – 13:30

Vak: Lewenswetenskappe

Topic: Vraestel 2

Besonderhede:

·       Evolusie deur natuurlike seleksie

·       Menslike evolusie

·       Eksamen afronding-vaardighede

·       Wetenskaplike vaardighede

·       Voorbeelde van tipe vrae wat in eksamen gevra kan word vir Vraestel 1 en 2.

Aanbieder: Charl Eksteen

 

 

Let asseblief op die volgende:

·       Bevestig dat jy die korrekte datum, taal, en vak gekies het VOORDAT jy jou kaartjie koop.
·       Jy het slegs EEN kaartjie per vak nodig en die kaartjie sluit twee tot vier aanlyn klasse in.
·       Bevestig dat jou e-posadres korrek is tydens die aankoop van kaartjies. Skakels na die aanlynklasse sal twee (2) dae voor die sessie met jou per e-pos gedeel sal word. Gebruik dieselfde skakel vir al die sessies van ʼn spesifieke vak.
·       Geen opnames sal beskikbaar gemaak word na die sessie nie.
·       Geen terugbetaling sal van toepassing wees in die geval dat ʼn leerder nie ‘n sessie(s) kan bywoon nie. Net so sal geen terugbetalings van toepassing wees vir sessies wat bots nie. Neem dus moontlike botsings in ag voordat jy jou kaartjies koop.
·       Impaq behou die reg voor om sessiedatums en -tye te verander.
Venue Title Impaq Winter School
Venue Description Online Class
Venue Address Online
Space Title Lewenswetenskappe
Space Description Zoom Virtual Meeting
Age Group 17–21 Years
Grade Gr 12
Language Afrikaans
Brand Winter School