Lewenswetenskappe

SKU
LISA
R 250.00 Regular Price R 300.00
Available: 234
1 Jul 2026, 08:00:00

Skakel in by Impaq se virtuele winterskool! Ons span ervare vakspesialiste en Impaq Aanlyn Skool-onderwysers bied aanlynsessies aan wat daarop fokus om graad 12-leerders voor te berei vir die rekord- en finale NSS-eksamens. Dit is nooit te vroeg om vir sukses te begin voorberei nie! 

Kom berei saam voor en stap selfversekerd die eksamen in! Hierdie sessies help jou om die belangrikste werk te hersien en sleutelterme te verstaan. 

 

Dag 1 (1 Julie): 

Vraestel 1: 

  • Voortplanting in gewerweldes 

  • Menslike voortplanting 

  • Reaksie op die omgewing: mense 

  • Reaksie op die omgewing: plante  

  • Endokriene stelsel en homeostase in die mens 

 

Dag 2 (2 Julie): 

Vraestel 2: 

  • DNS: die kode van lewe 

  • Meiose 

  • Genetika en oorerflikheid 

  • Evolusie deur natuurlike seleksie 

  • Menslike evolusie 

  • Eksamenvaardighede 

  • Wetenskaplike vaardighede 

 

 

Let asseblief op die volgende: 

  • Bevestig dat jy die korrekte datum, taal en vak gekies het VOORDAT jy jou kaartjie koop. 
  • Jy het slegs EEN kaartjie per vak nodig. Die kaartjie sluit twee tot vier aanlynsessies in. 
  • Bevestig dat jou e-posadres korrek is tydens die aankoop van kaartjies. Skakels na die aanlynsessies sal twee (2) dae voor die sessie per e-pos aan jou gestuur word. Gebruik dieselfde skakel vir al die sessies van ’n spesifieke vak. 
  • Geen opnames sal ná die sessie beskikbaar gestel word nie. 
  • Geen terugbetalings is van toepassing indien ’n leerder nie ’n sessie of sessies kan bywoon nie. Net so is geen terugbetalings van toepassing vir sessies wat bots nie. Neem dus moontlike botsings in ag voordat jy jou kaartjies koop. 
  • Impaq behou die reg voor om sessiedatums en -tye te verander.
Venue Title Impaq Winter School
Venue Description Online Class
Venue Address Online
Space Title Lewenswetenskappe
Space Description Zoom Virtual Meeting
Age Group 16+ Years
Grade Gr 12
Language Afrikaans
Brand Winetrskool