Trits (Mis*Mirakel*Drif): Drama en Aantekeninge – Afrikaans Huistaal Graad 12: Leesboek (1/2)

SKU
9780636085602
R 370.00

Reza de Wet, bekroonde dramaturg van Vrystaat-trilogie, lewer met Trits: Mis, Mirakel, Drif, 'n tweede trilogie waarin sy noukeurig gestruktureerde werke met die rare kombinasie van speelbaarheid en leesbaarheid gebruik om boeiende verhale oor te dra. Hierdie uitgawe help Afrikaans Huistaal-leerders met hul voorbereiding vir die graad 12-eindeksamen.

Die vervlegting van die naïewe, die groteske en die bonatuurlike, asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis, Mirakel en Drif tot 'n drieluik, ’n musikale eenheid as't ware, waarin variasies van verskeie temas weerklink. Al die ‘verlore persone’ ontsnap uit ’n verstikkend gewone lewe en betree deur die toedoen van ‘teater’ en ’n reeks ‘towenaars’ die buitengewone, dog gevaarlike wêreld van fantasie en vervulling. Terselfdertyd verskil die drie stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk ’n spesifieke atmosfeer het.

In hierdie dramas val die klem nie op realistiese of polities-relevante temas nie, maar skep die dramaturg teater wat verwant is aan ’n nie-literêre vermaak, ’n teatervorm wat, soos die sirkus, die towenaar en die pantomine, ’n gehoor in vervoering kan bring.

Die volgende nuwe afdelings bied omvattende leiding en ondersteuning:

  • ’n opsomming van elke drama;
  • ’n biografie van die dramaturg;
  • agtergrondinligting oor die dramas;
  • eksamenvrae met voorgestelde antwoorde;
  • riglyne vir die skryf van literêre opstelle;
  • ’n glossarium met literêre terme; en
  • verwysings vir verdere studie en opleeswerk.



Outeur: Reza de Wet
ISBN: 9780636085602
Uitgawe: 1
Verskyningsdatum: 19 April 2008
Uitgewer: Pearson South Africa
Bladsye: 256
Boekband: Sagteband
Afmetings: 240 x 168 mm

 

Grade Gr 10, Gr 11, Gr 12
Language Afrikaans