Om die aarde aan te haal en ander gedigte – Afrikaans Huistaal Graad 11: Letterkunde Studiegids (2/2)

SKU
9781928330738
R 200.00

Die studiegids vir Om die aarde aan te haal en ander gedigte is deur kundiges voorberei en voldoen aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Dit sal leerders help om hierdie puik letterkundige werke wat vir graad 11 voorgeskryf is, werklik goed te verstaan en om in die eksamen te slaag.

Die studiegids vir Om die aarde aan te haal en ander gedigte is saamgestel om leerders te help om sukses te behaal in hul graad 11 Afrikaans Huistaal-eksamen.

As leerders noukeurig deur die studiegids werk en die riglyn volg, sal hul:

  • vind dat hierdie gedigte ’n interessante leeservaring word.
  • die gedigte goed begryp.
  • die insig hê om die teks te ontleed en die letterkundeterme te verstaan.
  • die eksamen met selfvertroue kan aanpak en sukses in die eksamen behaal.


Hierdie studiegids bied by elke gedig:

  • agtergrondinligting indien dit relevant is om die konteks van die gedig beter te verstaan.
  • verdere woordverklarings wat die bundel s’n aanvul.
  • ’n opsomming van elke gedig vir hersiening.
  • uitgebreide aantekeninge en besprekings van elke gedig.
  • glossariums met verklarings vir eksamenterme en letterkundebegrippe vir vinnige naslaan.
  • toets-jouself-vrae en -antwoorde vir selfassesserings en om leerders se vordering te monitor.
  • voorbeeldvrae en -antwoorde, asook eksamenwenke om leerders te help met eksamenvoorbereiding.


Outeur: C. Janse van Rensburg (samesteller)
ISBN:
9781928330738
Uitgawe: 1
Verskyningsdatum:
22 Desember 2015
Uitgewer: Pearson South Africa
Bladsye: 160
Boekband: Sagteband
Afmetings: 240 x 168 mm

 

Grade Gr 10, Gr 11, Gr 12
Language Afrikaans