Om die aarde aan te haal en ander gedigte – Afrikaans Huistaal Graad 11: Leesboek (1/2)

SKU
9780636184756
R 180.00

Die gedigte in hierdie pragbundel is nie net gekies om te weerspieël wat poësie is nie, maar dit wil óók iets van die leefwêreld van die hedendaagse leser weergee: die skoonheid van die aarde, die verrukking van die liefde, die hoop op 'n sinvolle toekoms en die betekenis van elke oënskynlik onbelangrike mens se aardse bestaan.

 

"Dit verg 'n fyn oor en ’n fyner taal om die aarde nog helder aan te haal."

Die eerste gedig in die bundel, met die titel Om die aarde aan te haal, vertel van die Aarde as ons plek van oorsprong, ons blyplek en ons toekoms. Die digter worstel om die ‘fyner taal’ te vind wat die betekenis en waarde van Moeder Aarde duidelik kan laat klink.

Daarmee druk die digter ook iets van die waarde van poësie uit: soos Gerrit Komrij in sy inleiding tot Die Afrikaanse poësie in 'n duisend en enkele gedigte aandui, teken dit op wat uit die verlede waardevol bly; gee dit ons sowel ankerpunte as drome in ons daaglikse bestaan; en vir die toekoms is dit 'n bewaarplek – 'n ‘magasyn’ – van wat waardevol bly.

Outeur: C. Janse van Rensburg (samesteller)
ISBN: 9780636184756
Uitgawe: 1
Verskyningsdatum: 30 September 2016
Uitgewer: Maskew Miller Learning
Bladsye: 304
Boekband: Sagteband
Afmetings: 240 x 168 mm

 

 

Grade Gr 10, Gr 11, Gr 12
Language Afrikaans