We use cookies to make your experience better.
To comply with the new e-Privacy directive, you agree to the privacy policy and our use of cookies.
10 Gewoontes van Suksesvolle Leerders: Leerderpakket (Gr 8–12)
Brei jou kennis uit, leer vinniger, én onthou wat jy geleer het met die 10 Gewoontes van Suksesvolle Leerders-kursus. Beter leer begin met beter gewoontes.
Hierdie innoverende kursus is beskikbaar in Engels en Afrikaans en het 'n wenrekord van leerders wat hul akademiese prestasie bevorder het. Die leerderpakket is spesifiek gemik op leerders in graad 8–12.
Die 10 Gewoontes van Suksesvolle Leerders-kursus bemagtig leerders om die geheime van effektiewe leerstrategieë te ontsluit en te bemeester om sodoende top akademiese presteerders te word. Leer hoe om jou studietyd te skeduleer, hoe om maklik te onthou wat jy geleer het, en hoe om tyd te maak vir ontspanning!
Begin vroegtydig die regte gewoontes kweek en:
- Verbeter jou punte.
- Bereik jou volle akademiese potensiaal.
- Berei voor vir 'n opwindende toekoms van lewenslange leer.
Die kursus sluit tien doeltreffende gewoontes, vyf video's en een werkboek in PDF-formaat in.
Kweek die regte gewoontes enige tyd, enige plek deur die kursus op jou rekenaar of slimfoon af te laai.
Age Group | 14–18 Years |
---|---|
Grade | Gr 8, Gr 9, Gr 10, Gr 11, Gr 12 |
Language | Afrikaans |
Sign In